Lee Scott, ‘n sanger en aanbieder van ‘n gewilde TV program is g’n vreemdeling!

Die sanger en TV-aanbieder, Lee Scott, kén van klippe kou en harde werk. Sy professionel musiekloopbaan het immers in 2006 begin. Hy het in daardie jaar vir drie maande musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer voor hy ’n oudisie vir die boyband, Hi-5, afgelê het.

Ná hy gekies is as een van die vyf lede, het die groep vir ’n jaar saam musiek gemaak voor hul in 2007 ontbind het. “Ek het toe begin fokus op my sololoopbaan,” vertel Lee.

Dis ook hier waar dinge vir Lee begin vlamvat het. In Augustus 2010 reik hy sy solo-debuutalum Die Enigste Manier uit. Die album bevat twaalf liedjies in Afrikaans en Engels en sommige daarvan uit sy eie pen. Benewens vir sy debuutalbum het Lee ook opgetree by die Eurovision sangkompetisie in Noorweë.

Verlede jaar het Lee Scott die musiekbedryf stormgeloop met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit Perfekte Vreemdeling. “Perfekte Vreemdeling gaan oor enige mens wat sit en dagdroom oor die perfekte persoon vir hom of haar. Elke persoon het al iewers in hulle lewe gedroom oor hoe die perfekte mens vir hom of haar lyk – watter kleur hare, kleur oë, lank of kort, persoonlikheid ens.

Ek glo iets waarna almal streef is om in ‘n perfekte verhouding te wees, maar alhoewel alle verhoudings nie altyd maanskyn en rose is nie mag die persoon saam wie jy is wel die Perfekte Vreemdeling wees,” vertel hy oor die liedjie.

Loer hier onder na die musiekvideo van sy treffer “Perfekte Vreemdeling”

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment